Kerk Sonder Grense

 Kerk Sonder Grense 

1 Minuut Met Jesus

Een-Minuut met Jesus Christus is ‘n Evangelistiese bediening wat wêreld wyd vir Suid-Afrikaners uitgaan!

Dienstyd:
09:30

Het jy 1 Minuut vir Jesus?

Seisoene kom en dit gaan. Tyd het die vermoë om aan te gaan, sekond vir sekond maar nooit stil staan of terug te gaan nie!

So het GOD ons ook gemaak. Om elke dag met ‘n nuwe kalender datum en nuwe tyd, Son wat skyn en GOD se Hartklop aan te stap. Wat nie gedoen word, afgehandel word raak uit GOD se tyd van lewe en ritme van strewe!

Ons moes aanstap in 2025 na onbekende area. Ons motorhome inrig en voorberei vir die Heilige Gees werking sodat ons kan doen wat GOD behaag.

Kerk planting. Dis GOD se Wil en GOD se HART. Siele siele en weereens sy kosbare kudde. “Pas my kudde op”: was JESUS se hart wat HY met vertroue in Petrus se hande geplaas het.

GOD vertrou my en jou! “Pas SY kudde op!” Nie ons kudde, nie wat ons bevoordeel of gemaklik raak nie. Volhard! Ons stap nou ‘n diep geloofspad. Ek moes en het selfs stil met vriende, familie en almal wat vir my kosbaar is geraak. Want die intensheid- die verantwoordelikheid en geloofslewe vereis nie net baie gebed, baie meer geloof, tyd met GOD en die opdrag nie, maar is intens op my menswees. Die twee snydende swaard sny beide kante toe. Elke dag vereis dissiplinne, tyd en getrouheid! Niks gebeur van self nie. Jy moet in geloof doen en die Heilige Gees doen die groot werk.

God se kudde

Kerk is geplant- Mosselbaai! Baie mense oor tydperk in Santos gedoop- baie siele het ons landwyd vir vinnige koffie, gebed en bladskud kom omtmoet oor Desember.

Intussen het ons gebou teklein geraak en soek ons drasties, in geloof tog steeds fokus in GOD se wil na groter gebou. Fasiliteit vir Sondagskool, jeug, Young Adults en ateljee vir “1 min met JESUS”, podcast, Media bediening en alles vir Christen familie tot GODDELIKE Gasvryheid- plek van gebed. Dit kos baie gebed- geloof en soek!

Doop in die see by Santos

Dankie vir jou wat ons ondersteun, saam staan. Saam glo en ondersteun. Alles vir GOD en siele.

Weer roep ons net uit:” Gebruik ons HERE!” Brood was die lekkerste en smaalikste voedsel vir my. Ek het dit al 6 maande opgeoffer en sal lewenslank. Nie inruil, maar my erns vir GOD as deel van my verbond:” HERE gebruik my in kragtige GODDELIKE Salwing vir siele- asb HERE ons moet siele red!”

Shalom-Shalom.

1 Minuut met Jesus gaan uit op Whatsapp groepe en Telegram.

Die Blog onderwerpe

Sosiale Media platforms

Wil jy Saai?

Laat asseblief u sel-nommer as verwysing sodat ons vir u kan bid met ‘n dankbare hart!

Lewendige ligging

Die kaart sal vir u ‘n lewendige uitsending gee van waar ons beweeg . As ons in u area is,  dagboek ons vir ‘n koffie en Jesus kuier!

(U kan bo op die kaart druk en rondbeweeg om te kyk waar ons is. Die plus en minus tekens kan gebruik word om in en uit te zoom.)

Boek ons vandag!

Bespreek 'n koffie

Scroll to Top