1 Minuut met Jesus Christus
Een-Minuut met Jesus Christus is ‘n Evangelistiese bediening wat wêreld wyd vir Suid-Afrikaners uitgaan!
Het jy 1 Minuut vir Jesus?
Geseënde van GOD. Terwyl jy hier lees. Ek stel aan jou bekend, in Afrikaans- die taal waarin ek bid, GOD loof en prys en HY met my deur die HEILIGE GEES praat. 1 Minuut met JESUS is ook Kerk sonder mure. VADER GOD YHWH, my ABBA en MEESTER- HEILIGE GEES gelei in JESUS CHRISTUS is ek uitverkoop vir die Evangelie van CHRISTUS. Ek kan nie in myself roem nie, maar in GOD alleen. Ek kan niks vir jou beteken as die Heilige Gees my nie lei nie. Vriend of vriendin, Boeta of Sus- ek moes gehoorsaam wees. Alles weggee of verkoop. Al my besittings prys gee. (Matt 19:16-30.) Uitgaan en siele gaan bereik vir VADER en ‘n kerk plant.
Waar? Ek weet nie, die Heilige Gees sal wys waar!
Jy kan vir my net bid, veral om te volhard en gehoorsaam aan GOD te wees. Ook vir oop deure, oop harte en slegs siele werk! Daar is baie, vreeslik baie siele wat bereik moet word.

Steeds sal die “1Minuut met JESUS” bemoedigende opdrag deur Heilige Gees elke oggend 5uur per WhatsApp uitgaan. Aande 6uur Aand Bybelstudie- Woensdae aande Vrae uit die Woord en Boek Openbaring. Sondae oggende 9uur Livestream dienste. Ek bedien ook op uitnodiging. Beraad, bedien ook oral waar ek kom. My lewe is jy as kind van GOD, siele en net GOD se wil, as SY eenvoudige dienskneg! Alles gaan met om GOD en siele. Volg ons onder op die webverf op die lewendige kaart. As ons in jou area kom. Kontak my om jou te bedien of koffie en gebed saam te geniet. Ons ry met ‘n motorhome en soms is ek op my motorfiets. Soos VADER GOD wil! Shalom-Shalom
1 Minuut met Jesus gaan uit op Whatsapp groepe en Telegram.
Wil jy Saai?
Laat asseblief u sel-nommer as verwysing sodat ons vir u kan bid met ‘n dankbare hart!
×Rekening naam: CTC
Tipe rekening: Tjekrekening
Rekening nommer: 62423089269
Bank: First National Bank
(internasionaal) SWIFT KODE:
FIRNZAJJ
Lewendige ligging
Die kaart sal vir u ‘n lewendige uitsending gee van waar ons beweeg (scroll net af vir die kaart). As ons in u area is, dagboek ons vir ‘n koffie en Jesus kuier!
(U kan bo op die kaart druk en rondbeweeg om te kyk waar ons is. Die plus en minus tekens kan gebruik word om in en uit te zoom.)